Die 2019 griepinspuiting is beskikbaar vir toediening. Maar is dit regtig nodig? Ek glo dit is. Ons het in 2018 merkbaar baie kinders toegelaat in die hospitaal met verskillende vorms van griep - 'n goeie persentasie hiervan sekerlik verhoedbaar met immunisasie. Dit was verbasend in watter vorme die griepvirussiekte gemanifesteer het en hoe laat in die jaar ons steeds gevalle gesien het. Baie kinders het voorgedoen met koors en braking en opgeëindig met onnodige lumbale punksies om breinvliesontsteking uit te skakel. Party kinders was deurmekaar; 'n paar kinders kon vir 'n paar dae nie loop nie weens spierinflammasie. Ander kinders het voorgedoen met kroep, brongitis en longontsteking. Meeste gevalle in andersins gesonde kinders. Buiten die siekte self, kan baie kinders van onnodige (en dikwels pynlike) toetse gespaar word deur die griepinspuiting te kry vanaf April elke jaar.
Die formele indikasies vir die jaarlikse griepinspuiting is : - Alle kinders onder 5 jaar en veral alle kinders onder 2 jaar. Definitief aangedui as jou kleintjie in dagsorg of kleuterskool is. - Alle kinders (en volwassenes) met 'n hoër risiko vir gekompliseerde griepsiekte : Pasiente met asma Pasiente met aangebore/verworwe harttoestande Pasiente met aangebore/verworwe immuuntekorte (insluitend kinders op chemoterapie vir kanker) Pasiente met suikersiekte Pasiente met brein- en spinaalkoordabnormaliteite, soos serebrale verlamming, epilepsie of spierswakheid Pasiente met niersiekte Pasiente met aangebore metaboliese steurnisse - Alle swanger vrouens - Alle gesondheidswerkers (dokters en verpleegpersoneel) - Alle oppassers van kinders in dagsorg - Alle mense ouer as 65 - Alle mense in versorgingseenhede of ouetehuise Praktiese dinge : Die griepinspuiting kan toegedien word vanaf 6 maande. Die griepinspuiting kan gegee word vanaf April tot aan die einde van die winter. Kinders onder 3 jaar (36 maande) kry 'n halwe volwasse dosis; kinders ouer as 3 jaar kry 'n volwasse dosis. Kinders jonger as 8 jaar wat die griepinspuiting vir die eerste keer ontvang, moet 'n tweede dosering van die griepinspuiting 4 weke na die eerste dosering kry. In die daaropvolgende jare, kry hulle net 'n enkele dosering. Dis goedkoop! Your baby's Road To Health Booklet (the red or green one you received home in the maternity ward) contains a schedule only for the essential Expanded Programme on Immunization vaccines, available to each child in South Africa via a public sector immunization facility. There are additional cover available for protection against the following diseases :
|
The
|