Dr Ruaan Stander, paediatrician
  • Home
  • Dashboard
  • Emergency
  • Virtual consultations via Medici

Naweek aan-diens-uitdagings

6/23/2020

 
Met net een pediater aandiens oor 'n naweek (en selfs oor 'n 4-of 5-dag langnaweek), raak dit soms moeilik om almal (op tyd) tevrede te stel. Saterdagoggend is gewoonlik die grootste uitdaging. Die kombinasie van 'n lang saalrondte met vele onbekende pasiente, vroeë oproepe, onbeplande noodgevalle en nood-keisersnitte vereis 'n konstante prioritisering om aandag toepaslik te rig na dit wat eerste hanteer moet word. Die nadeel is dat ouers wat onbespreek in ongevalle met hulle kleinding arriveer, met die hoop om onmiddellik deur 'n pediater gehelp te word, ongelukkig óf (potensieël lank) sal moet wag óf moet instem om solank die ongevalle algemene praktisyn toe te laat om te help. Saalpasiënte moet vroeg uitgesorteer word op naweeks-oggende, aangesien hul  ontslagmedikasie net tot op 'n sekere tyd uitgereik word deur die apteek - dit is onaangenaam vir ouers om ontslagmedikasie by 'n buite-apteek te moet gaan soek na ontslag uit die hospitaal. Dit is belangrik om te onthou dat 'n volhoubare, kwaliteit 72-uur (tipiese Vrydag-Sondag-naweek) spesialisdiens gelewer moet word. Dit is onmenslik om te verwag dat 'n pediater al die kinders, wat oor 'n naweek ongevalle toe kom, moet sien. Dit mag soms nodig wees om as pediater daarop aan te dring dat 'n kind eers deur die ongevalle dokter gesien moet word; dit is ook dan by vele mediese fonds-opsies 'n vereiste vir die befondsing van 'n pediater-konsultasie dat 'n kind eers deur 'n algemene praktisyn gesien moet word. Dit mag ook soms nodig wees (weens fisiese uitputting) om oproepe na Mediclinic se ongevalle tussen 00h00 en 06h00 op 'n naweek deur te sit, sodat die ongevalle dokter kan help met prioritisering van gevalle wat spesialis-aandag of toelating nodig het. As onafhanklike pediatergroep is die besluit geneem dat net een pediater beskikbaar is oor 'n naweek. Van die praktyke is wel oop op sekere Saterdagoggende; ouers word aangeraai om ook van hierdie geleentheid gebruik te maak.

Oorhandiging van pasiënte in die oggend

6/23/2020

 
'n Gedeelde na-uurse rooster tussen onafhanklike dokters in privaat praktyk skep altyd uitdagings met die oorhandiging van pasiente tussen die betrokke dokters. Ouers kan ongelukkig wees beide :
  1. As die dokter-aan-diens op 'n spesifieke aand nie hulle kind die volgende oggend oorgee aan hulle gereelde pediater vir verdere hantering nie. Om dit nie aan te bied aan die ouer nie toon 'n gebrek aan respek vir ouer-keuse en mede-kollegas se praktyke.
  2. As die dokter-aan-diens op 'n spesifieke aand hulle kind die volgende oggend oorgee aan hulle gereelde pediater vir verdere hantering. Dit mag dan voorkom asof die dokter-aan-diens nie hulle kind verder wil hanteer of verder belangstel in die welstand van hulle kind nie. Die teendeel is egter waar : die dokter-aan-diens gee die pasient oor aan sy of haar gereelde pediater uit respek vir sy kollega. Maar hoe dan gemaak as dit nie is wat die ouer verkies nie? Klagtes is al by die hospitaal-bestuur ingedien aangesien sekere ouers voel dat hulle graag sou wou hê dat die dokter--aan-diens die volgende oggend moet voortgaan met die hantering van hulle kind met die huidige toelating.
Ouer-keuse is tops. Dr Stander het 'n ouerkeuse-vorm ontwerp wat dit vir ouers maklik maak om hul keuse van pediater in die hospitaal aan te dui.

    The
    Coal
    Face

    Useful stuff from ground zero.

    Categories

    All
    Babies
    Basics
    Brain
    Breastfeeding
    Chest
    Development
    Follow Up Appointments
    Food
    Formula Feeding
    Head
    Immunization
    Infections
    In-hospital Medicine
    Iron Deficiency
    Paediatrician Frustration
    Pregnant Moms
    Sleep
    Stuff For Little Girls
    Tummy
    When To Consult A Doctor

Proudly powered by Weebly
  • Home
  • Dashboard
  • Emergency
  • Virtual consultations via Medici