Net 'n vinnige, gerieflike oplossing? Dalk. My opinie is dat 'n pasient met ystertekort-anemie (bloedarmoede) die risiko van binne-aarse yster moet verdien. In pasiente met nutrisionele (voedingsverwante) ystertekort-anemie moet mondelingse yster supplementasie steeds as primere modaliteit aangewend word om die ystertekort te korrigeer, tesame met 'n dieet wat meer yster-ryke voedselelemente bevat en minder voedselelemente wat die absorpsie van yster negatief beinvloed. So wie verdien binne-aarse yster? Pasiente met nutrisionele ystertekort-anemie waar mondelingse ysterterapie misluk om die ystertekort anemie te verbeter, weens newe-effekte van die ystermedikasie of weens die onvermoee om die ystermedikasie op 'n gereelde basis in te kry. Is dit veilig? Die risiko vir 'n ernstige/ lewensbedreigende reaksie op binne-aarse yster is gelukkig laag : verskillende bronne haal die frekwensie daarvan aan as 0.03-0.04% en 1 in 200 000 dosisse. Milde newe-effekte soos maagpyn, hoofpyn, naarheid en diarree word gesien in soveel as 35% van pasiente wat binne-aarse yster ontvang. Daar was ook al sommige studies wat 'n statistiese verhoogde kans op infeksie (na die toediening van binne-aarse yster) getoon het. In die regte hande oorskry die voordele egter die potensiele risiko's.
Bronne:
Comments are closed.
|
The
|