Dr Ruaan Stander, paediatrician
  • Home
  • Dashboard
  • Emergency
  • Virtual consultations via Medici

Listeriose : Swanger mammas neem kennis

6/23/2020

 
Picture
Listeriose, 'n potensieël ernstige infeksie veroorsaak deur die bakterie Listeria monocytogenes, was onlangs in die nuus met 557 gevalle nasionaal gerapporteer in veral Gauteng, maar ook in die Wes Kaap. Hoe kan jy dit optel? Gekontamineerde voedsel-produkte is gewoonlik die oorsaak van uitbrake van die infeksie : ongepasteuriseerde melk en melkprodukte wat ongepasteuriseerde melk bevat, gekontamineerde verouderde sagte kase en bloukaas, koue vleis, gerookte seekos (geblikte seekos is veilig egter), rou seekosse (soos oesters en sushi), groente en vrugte. Dit is belangrik om te weet dat Listeria kos in jou yskas kan kontamineer teen gewone yskastemperature (bo 4 grade Celsius). Hoekom is dit belangrik om hiervan te weet? Alhoewel dit meestal net gastro-enteritis (wat nie behandeling vereis nie) in gesonde mense en 'n griep-agtige siekte in swangerskap veroorsaak, is daar sekere groepe mense wat neig om ernstige vorms van die infeksie (breinvliesontsteking en/of multi-orgaan infeksie) op te doen : Pasgebore babas, ou mense en mense met 'n verlaagde immuniteit (onder andere weens immuun-onderdrukkende medisyne (soos kortisoon of chemoterapie), kanker, suikersiekte en MIV-infeksie). Breinvliesontsteking kan lei tot permanente breinskade. Toekomstige moeders wat die infeksie tydens swangerskap opdoen, kan 'n miskraam kry, voortyds in kraam gaan of hul pasgebore baba kan 'n lewensbedreigende infeksie ontwikkel in die eerste maand na geboorte.  Wat kan jy doen om jou en jou baba te beskerm? Dit is potensieël voorkombaar deur die nakom van 'n paar basiese reëls :
  • Vars gekookte kos is veilig - die hitte vernietig die kiem.
  • Vermy liefs die volgende hoë risiko kosse tydens jou swangerskap : rou of ongepasteuriseerde melk; suiwelprodukte wat ongepasteuriseerde melk bevat; sagte verouderde kase (soos brie, camembert, feta, bokmelk- en bloukaas); klaar-voorbereide koue deli-kosse (slaaie, koue vleis, gerookte vis, eier); vleissmere/ pâtés. Die kiem is definitief 'n fynproewer en is lief om hierdie kossoorte te bederf.
  • Hou jou yskastemperatuur onder 4 °C en jou vrieskastemperatuur onder -18 °C.
  • Eet klaar-voorbereide kosse so vinnig as moontlik - moenie dit in jou yskas laat staan vir langer as 12 ure nie. Gooi kos wat hul vervaldatum bereik het weg.
  • Indien jy klaar-voorbereide kos uit die yskas weer warm maak, maak seker dat dit regdeur stomend warm is.
  • Koue vleise en rou vleis : moenie dat die vloeistof in die pakkie uitloop of uitdrip op ander kos, eetgerei of kos-oppervlaktes nie. Stoor rou vleis onder in jou yskas, sodat die vloeistof ook nie op ander kos in die yskas uitloop nie.
  • Was jou messe en snyborde nadat jy gewerk het met rou kos en veral rou vleis.
  • Was jou hande : voor jy werk met kos, nadat jy gewerk het met rou kosse, voor jy eet en nadat jy die toilet besoek het. Die kiem mag dalk op jou hande wees.
  • Was jou groentes en vrugte af voordat jy dit eet. Die kiem kom voor in grond en in riool en kan maklik daarop beland.
Is dit behandelbaar? Ten spyte van 'n sensitiwiteit vir redelike basiese antibiotika, kan die sterftesyfer van gevorderde infeksie in 'n baba steeds so hoog as 30% wees. Veiliger om dit te probeer voorkom.

Comments are closed.

    The
    Coal
    Face

    Useful stuff from ground zero.

    Categories

    All
    Babies
    Basics
    Brain
    Breastfeeding
    Chest
    Development
    Follow Up Appointments
    Food
    Formula Feeding
    Head
    Immunization
    Infections
    In-hospital Medicine
    Iron Deficiency
    Paediatrician Frustration
    Pregnant Moms
    Sleep
    Stuff For Little Girls
    Tummy
    When To Consult A Doctor

Proudly powered by Weebly
  • Home
  • Dashboard
  • Emergency
  • Virtual consultations via Medici